Home
About ESC
Key Benefits
Pricing
FAQ's
Privacy Policy
Contact Us
Participating Silo Operators
Paper Process
Teletrade




Powered by
Sandbox Technologies
and ESC.

  Documentation
Teletrade Brochure Sep 2007
Teletrade Brosjure Sep 2007
Teletrade Brochure Feb 2007
Teletrade Brosjure Feb 2007
Teletrade Application Form
Teletrade Aansoekform
 
TELEFONIESE VERHANDELING BROSJURE (Effektief Februarie 2007)

Om gebruik te maak van verahandelings of eienaarskap veranderings van elektroniese sertifikate, stel ESC nou die vermoë bekend om telefonies eerder as deur die internet te handel.

Van wanneer sal ek telefonies kan verhandel?
“Teletrade” sal funksioneel wees vanaf 01 Februarie 2007, deur ‘n toegewyde dienssentrum waar ‘n persoon instruksies telefonies sal neem (inisieer ‘n transaksie) en dan gebruik maak van ‘n sms funksie na die geregistreerede selfoon waarop die gebruiker sal antwoord en sodoende die transaksie magtig.

Wat is die voordele vir telefoniese verhandeling?
Deelnemers sonder internet fasiliteite kan elektronies verhandel; alle oproepe word per band opgeneem en slegs die geregistreerde selfoon kan die transaksie magtig, wat die risiko vir bedrog verlaag, die transaksies vind onmiddelik plaas sonder die tydverwante vertragings van papier en elimineer dus koeriers en koerier kostes. Verbeterde lewerings na Safex en graan eienaars is in staat om van enige plek telefonies te verhandel.

Hoe registreer ek vir telefoniese verhandeling?
Om te registreer vir hierdie fasiliteit moet die gebruiker eerstens by ESC geregistreer wees (aansoek kan van die webwerf afgelaai word of skakel die ESC dienssentrum). ‘n Aparte “Telefoniese Verhandelings” aansoekvorm moet dan voltooi word wat ‘n toegewyde kontak persoon nomineer vir die versoek proses (van toepassing op korporatiewe en individuele rekeninge).

Watter tipe transaksies kan telefonies gedoen word?
Sertifikate kan op offer geplaas word vir oordrag van eienaarskap na ‘n ander party, aanvaarding van sertifikaat eienaarskap van sertifikate op offer, beswarings vir leningsekuriteit, aanvaarding (op sessie plaas) van ‘n beswaring, oordragte na Safex, verdelings en fisiese lewerings versoeke.

Ek is nou geregistreer vir telefoniese verhandeling, hoe verhandel ek met my sertifikaat?
Die gebruiker skakel die “Teletrade” dienssentrum by (011) 797 5591. Die ESC konsultant sal ‘n reeks vrae aan die inbeller vra vir verifikasie en sekuriteits redes. Hierna kommunikeer die inbeller die verhandeling versoek aan die ESC konsultant, wat as ‘n inisieerder sal optree en die versoek elektronies skep.

Wat gebeur nadat ek die telefoniese versoek gemaak het?
‘n Outomatiese sms bevestiging word aan die inbeller gestuur, vir magtiging van die telefoniese versoek wat gemaak is. Die sertifikaat eienaar sal optree as ‘n bemagtiger deur binne 1 (een) uur op die ontvangde sms te antwoord (koste is R1.50 per sms), om sodoende die transaksie te bemagtig.

Wat gebeur as ek nie betyds op die sms antwoord nie of die verkeerde besonderhede terug sms?
Die transaksie sal nie plaasvind nie en die versoek sal outomaties verval. Die “Teletrade” gebruiker sal dus die ESC kontak sentrum weer moet skakel met dieselfde transaksie instruksies.

 

National - Instant - Secure