|
TELEFONIESE VERHANDELING BROSJURE (effektief September 2007)
Om gebruik te maak van verhandelings of eienaarskap veranderings van elektroniese sertifikate, stel ESC die vermoë bekend om telefonies eerder as deur die internet te handel.
Sedert wanneer is telefoniese verhandeling beskikbaar?
“Teletrade” is funksioneel vanaf 01 Februarie 2007, deur ‘n toegewyde dienssentrum waar ‘n persoon instruksies telefonies sal neem (“inisieer ‘n transaksie”) en dan gebruik maak van ‘n sms funksie na die geregistreerede selfoon waarop die gebruiker sal antwoord en sodoende die transaksie “magtig”.
Watter “Teletrade” veranderinge het gebeur in September 2007?
Omdat sommige gebruikers nie sms’e kon stuur of ontvang nie, is die “Teletrade” funksionaliteit verander sodat die gebruiker nie meer ‘n sms moet stuur vir magtiging nie. Die ESC operateur sal die inbeller ‘n seleksie van die pin nommer vra, wat sal dien as die magtigings fase.
Wat is die voordele vir telefoniese verhandeling?
Deelnemers sonder internet fasiliteite kan elektronies verhandel; alle oproepe word per band opgeneem en slegs die pin nommer kan die transaksie magtig, wat die risiko vir bedrog verlaag, die transaksies vind onmiddelik plaas sonder die tydverwante vertragings van papier en elimineer dus koeriers en koerier kostes. Verbeterde lewerings na Safex en graan eienaars is in staat om van enige plek telefonies te verhandel.
Hoe registreer ek vir telefoniese verhandeling?
Om te registreer vir hierdie fasiliteit moet die gebruiker eerstens by ESC geregistreer wees (aansoek kan van die webwerf afgelaai word of skakel die ESC dienssentrum). ‘n Aparte “Telefoniese Verhandelings” aansoekvorm moet dan voltooi word wat ‘n toegewyde kontak persoon nomineer vir die versoek proses (van toepassing op korporatiewe en individuele rekeninge).
Watter tipe transaksies kan telefonies gedoen word?
Sertifikate kan op offer geplaas word vir oordrag van eienaarskap na ‘n ander party, aanvaarding van sertifikaat eienaarskap van sertifikate op offer, beswarings vir leningsekuriteit, aanvaarding (op sessie plaas) van ‘n beswaring, oordragte na Safex, verdelings en fisiese lewerings versoeke.
Ek is nou geregistreer vir telefoniese verhandeling, hoe verhandel ek my sertifikaat?
Die gebruiker sal die “Teletrade” dienssentrum skakel by (011) 797 5591. Die ESC konsultant sal ‘n reeks vrae aan die inbeller vra vir verifikasie en sekuriteits redes. Hierna kommunikeer die inbeller die verhandeling versoek aan die ESC konsultant, wat as ‘n inisieerder sal optree en die versoek elektronies skep. Die inbeller se pin nommer sal as die bemagtigings fase dien.
Wat gebeur nadat ek die telefoniese versoek gemaak het?
Die “Teletrade” operateur sal die transaksie elektronies skep.
Wat gebeur as ek nie my pin nommer byderhand het nie of die verkeerde pin nommer gee?
Die transaksie sal nie plaasvind nie. Die Teletrade gebruiker sal dus die ESC kontak sentrum weer moet skakel met die korrekte informasie en dieselfde transaksie instruksies.
|