Home
About ESC
Key Benefits
Pricing
FAQ's
Privacy Policy
Contact Us
Participating Silo Operators
Paper Process
Teletrade




Powered by
Sandbox Technologies
and ESC.

  Documentation
Paper Conversion Brochure
Papier Omskakeling Brosjure
Paper Conversion Application form
Papier Omskakeling Aansoekform
 

OMSKAKELING VAN ELEKTRONIES NA PAPIER SILOSERTIFIKATE BROSJURE

 

Die elektroniese graan netwerk is hier!  Senwes en Afgri sal slegs elektroniese silosertifikate vanaf 01 Februarie 2007 uitreik.  ESC sal egter die vermoë verskaf om papier silosertifikate te verkry, waar kliënte nie met elektroniese graan sertifikate wil verhandel of besit neem nie.

 

Ek kan dan ‘n elektroniese sertifikaat uitdruk, so hoekom ‘n papier sertifikaat?

‘n Elektroniese sertifikaat kan uitgedruk word en ‘n afskrif word outomaties gefaks aan die eienaar op ontvangs by die register.  Elektronies kan uitgedruk word op papier maar die afskrif is nie wetlik verhandelbaar nie, dit is alleenlik ‘n papier bevestiging.  Indien die eienaar van ‘n elektroniese sertifikaat ‘n wetlike verhandelbare papier sertifikaat verlang, sal ESC die elektroniese weergawe “sluit” en ‘n wetlike verhandelbare papier sertifikaat (Safex en nie-Safex) uitdruk.

 

Is dit van toepassing op alle silo operateurs? 

Nee.  ‘n Silo operateur kan kies om ESC te gebruik vir die bestuur van elektroniese sertifikate en hul eie papier sertifikate druk.  Met bekendstelling is dié slegs van toepassing op Senwes en Afgri, wat alleenlik met elektroniese sertifikate gaan deel.  Die omskakeling na papier vanaf elektronies en die teruglewering van die papier sertifikate, sal deur ESC hanteer word namens Senwes en Afgri.

 

Ek is gelukkig met die papier sertifikaat sisteem, hoekom moet ek by ESC registreer?

Senwes en Afgri sal slegs elektroniese sertifikate bestuur en papier sal namens hulle deur ESC beheer word, om sodoende te kan voortgaan om hierdie papier sertifikaat diens te verskaf.  Die elektroniese opsie is meer akkuraat en veilig; die transaksies vind onmiddellik plaas sonder die tydverwante vertragings van papier en elimineer dus koeriers en koerier kostes.  Daar is ‘n verlaagde risiko van bedrog, verbeterede lewerings na en van Safex en eienaars het toegang tot hul sertifikate op enige tyd vanaf enige plek.

 

Ek is nie geregistreer by ESC nie; sal ek in staat wees om ‘n sertifikaat van Senwes/Afgri te ontvang?

Ja, alhoewel alle sertifikate slegs in ‘n elektroniese formaat deur Senwes/Afgri uitgereik sal word vanaf 01 Februarie 2007.  U sal nie toegang hê om met die elektroniese sertifikaat te verhandel totdat U by ESC geregistreer het nie.  Indien U papier versoek, sal ESC die omskakeling na ‘n papier sertifikaat beheer (wat gedruk sal word by die ESC kantore).

 

Watter bewys sal ek hê dat Afgri/Senwes ‘n elektroniese sertifikaat aan my uitgereik het?

Graan eienaars wat by ESC geregistreer is sal ‘n outomatiese gefakste papier konfirmasie ontvang op uitreiking van elektroniese sertifikate.  Die faks konfirmasie sal ‘n afskrif van die nie-verhandelbare elektroniese sertfikaat insluit, alhoewel nie wetlik verhandelbaar nie, sal die afskrif dieselfde informasie soos op ‘n normale papier sertifikaat aandui.

 

Hoe sal ek met my elektroniese sertifikate kan verhandel as ek nie internet toegang het nie?

Daar is die opsie vir telefoniese verhandeling, deur makelaars of d.m.v. van die silo-eienaar se administratiewe sisteme.  Die nuwe “Teletrade” diens beteken dat die gebruiker slegs ‘n selfoon nodig het vir die bestuur van elektroniese sertifikate.

 

Ek voel nie gemaklik om elektronies te deel nie, en ten spyte van koeriers, risiko’s en onbeholpe papier, hoe sal ek ‘n Afgri/Senwes sertifikaat verkry as ek nogsteeds een verlang?

Indien ‘n graan eienaar ‘n verhandelbare papier sertifikaat aanvra, sal die sertifikaat eerste in ‘n elektroniese formaat deur die silo operateur uitgereik word en daarna, op versoek alleenlik, sal die wetlike papier sertifikaat by ESC materialiseer (omgekakel word na papier).

 

 

 

Hoe skakel ek my elektroniese sertifikaat om na ‘n wetlike papier sertifikaat?

Die sertifikaat eienaar moet ESC kontak op (011) 797 5591/7.  Papier omskakelings is slegs moontlik indien die sertifikaat eienaar by ESC geregistreer is en dan ‘n eenmalige “Papier Omskaleling” aansoekvorm (beskikbaar op die webwerf of bel die dienssentrum) te voltooi.  Daarna sal Afgri en Senwes alle sertifikate elektronies uitreik en die sertifikaat eienaar mag ESC instruksies gee om die elektronies na ‘n papier sertifikaat om te skakel.

 

Waar kollekteer ek ‘n ESC-uitgereikte papier sertifikaat?

Wetlike papier sertifikate sal daagliks beskikbaar wees vir afhaling by ESC in Sunninghill.  ESC doen ook weekliks ‘n bondel lewering aan Senwes en Afgri se hoofkantoor vir kolleksie, alternatiewelik in Klerksdorp/Bethal.

 

Wanneer kan ek die aangevraagde, omgeskakelde papier sertifikaat gaan optel?

Indien omskakeling voor 12H00 versoek is, sal die sertifikaat die volgende dag na 12H00 beskikbaar wees vir afhaling.  Indien omskakeling na 12H00 versoek is, sal die sertifikaat slegs na 2 dae beskikbaar wees vir afhaling.  ESC lewer sertifikate aan Afgri/Senwes elke Vrydag middag vir afhaling/verdere verspreiding op die Maandag.  ‘n Versoek vir omskakeling moet teen Woensdag 12H00 ontvang wees, om ingesluit te wees vir die Vrydag lewering.

 

Wat is die verskil tussen die ESC-uitgereikte papier sertifikaat en die oorspronklike Afgri/Senwes papier sertifikaat?

Die papier sertifikaat word slegs namens Senwes/Afgri deur ESC uitgereik, en beide silo operateurs se huidige terme en kondisies is steeds van toepassing op daardie silo operateur.  Die papier sertifikaat word op dieselfde manier verhandel soos in die verlede, deur die oordragrekord op die papier sertifikaat te voltooi.

 

Hoe verdeel/kanselleer of versoek ek fisiese lewering van my ESC-uitgereikte papier sertifikaat?

Die oorspronklike papier sertifikaat, moet tesame met geskrewe verdeling/kansellasie of lewering instruksies, aan die ESC kantoor in Sunninghill gelewer word.

 

Hoe hou ek rekord van my elektroniese sertifikate omgeskakel na papier?

‘n Drukker ikoon sal langs die elektroniese sertifikaat nommer verskyn in die “My Sertifikate” seksie van die gebruiker se register, aanduidend dat hierdie sertifikate in die elektroniese formaat “gesluit” (nie-verhandelbaar) is.  Die gebruiker sal nie in staat wees om ‘n oudit verslag of enige ander verslae op papier sertifikate in die mark, te verkry nie.

 

Kan ek my papier sertifikaat terug omskakel na die elektroniese formaat?

Ja, deur die oorspronklike papier sertifikaat met geskrewe instruksies terug aan die ESC kantoor in Sunninghill te lewer.  ESC sal die elektroniese sertifikaat “ontsluit” wat dan weer verhandelbaar sal word, of ESC sal die sertifikate terug lewer (elektronies) aan die silo operateur.

 

Wat sal met Afgri/Senwes papier sertifikate gebeur wat voor 01 Februarie 2007 uitgereik is?

Al die oorspronklike Afgri/Senwes papier sertifikate wat uitgereik is voor 01 Februarie 2007, sal aan die Afgri/Senwes hoofkantoor gelewer moet word met instruksies in die bestaande historiese manier.  ESC sal slegs papier sertifikate beheer wat vanaf 01 Februarie 2007 uitgereik is.  Die silo operateur kan geen ESC-uitgereikte papier sertifikate kanselleer nie.

 

Word enige ESC koste gehef vir die omskakeling van elektronies na papier of terug van papier na elektronies?

Nee

 

Datum:   Januarie 2007

Weergawe 1

 

 

National - Instant - Secure